Vreesloos Vry (Hettie Brittz)

R190.00

In die donker oggendure word ‘n Christenskrywer, getroud met ‘n Gospelsanger, tydens ‘n roof in haar huis verkrag. Haar man word met ‘n rewolwer teen sy ribbes ontvoer. Twee dae later getuig sy en haar man op die voorblaaie dat hulle nie kwaad is nie, maar dankbaar.

Hulle uitlatings oor God en vergifnis is vreemd. Baie mense raak bitter ontsteld. Hierdie storie speel in Suid-Afrika af – in ‘n land wt berug is vir misdaad en rassehaat, waarin baie mense God vir hulle eie volk, hulle eie saak en hulle eie welvaart toe-eien. Hulle storie krap oor baie mense se harte soos ‘n nael skril-fluitend oor ‘n swartbord krap.

Waarheen gaan ‘n mens met die vrae en ontsteltenis wat hulle verhaal ontketen? Waar was God? Waarom gebuer dit juis met hulle? Hoe kan hulle beweer dat hulle geen permanente skade opgedoen het nie?

‘n Mens worstel met die redes waarom hulle storie jou so naar op die maag maak, totdat jy agter die storie die groter prentjie en die vingerafdrukke van God kan sien.

Hettie skryf hulle verhaal as ‘n uitnodiging aan elke leser om ‘n groter God te soek as die een wat magteloos toekyk terwyl sy skepsels mekaar vernietig. Wie Hom vind, vind liefde, genesende waarheid, vrede en ‘n roetekaart na vryheid. Sy beweer dat selfs slagoffers vreesloos vry kan lewe. Om vreesloos te lewe is nie ‘n ontkenning van die werklikheid nie, maar juis ‘n erkenning van die groter werklikheid wat ver verby ons lyf en ons goed strek. Om vreesloos en vry te lewe is om reeds ewig te lewe.

 

In stock (can be backordered)

* No 'add to basket' button? Please make sure that all the options are selected above.

Additional information

Weight0.41 kg
Dimensions24.6 × 17.2 × 1.2 cm